The Wayback Machine - https://web.archive.org/web/20101204094353/http://www.nuus24.com:80/Wereld/Nuus/WikiLeaks-maak-nog-onthullings-openbaar-20101201-2

WikiLeaks maak nóg onthullings openbaar

2010-12-01 08:30
Share Print

Den Haag - Nog onthullings is Dinsdag deur die webwerf Wiki­Leaks uit vertroulike en geheime Amerikaanse diplomatieke korrespondensie openbaar gemaak.

Die Chinese regering was ontsteld oor ’n verslag van die Amerikaanse ambassadeur in Seoel nadat hy met die Suid-Koreaanse adjunkminister van buitelandse sake gesels het.

Die adjunkminister het vertel van twee hoë Chinese amptenare wat aan hom gesê het hul regering is besonder gefrustreerd met die Noord-Koreaanse diktatuur en dat dié land se leier, Kim Jong-il, soos ’n “bedorwe kind” optree.

Erger nog, die twee Chinese het te kenne gegee dat hulle ten gunste is van die hereniging van die twee Koreas onder Suid-Koreaanse leiding indien Noord-Korea in duie sou stort. Die voorwaarde sou wees dat die nuwe staat ’n vriend van China moet wees.

’n Ander Chinese amptenaar het Noord-Korea se kernwapenprogram ’n “bedreiging vir wêreldvrede” genoem, iets wat China nog nooit wou erken nie.

Verdere onthullings sluit in:

Prins Andrew van Brittanje het die Amerikaanse ambassadeur in Kirgistan tydens ’n ete met sakelui geskok met sy “onbeskoftheid”.

Hy het onder meer onbeskofte opmerkings gemaak oor joernaliste van The Guardian, Britse korrupsie-ondersoekers, Frankryk en Amerikaners. ’n Senior amptenaar in die Statebond se sekretariaat het te kenne gegee dat prins Charles nie geskik is om sy ma, koningin Elizabeth II, as hoof van dié organisasie op te volg nie.

Hy “dwing nie dieselfde respek af nie”, het die amptenaar glo gesê.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, me. Hillary Clinton, het pres. Cristina Kirchner van Argentinië se geestesgesondheid bevraagteken.

Sy het diplomate gevra om vas te stel of Kirchner medikasie gebruik om kalm te bly, want dié is glo ’n “veranderlike en emosionele” leier wat “senuagtig en beangs” is.

Clinton het Maandagaand in ’n lang verklaring gesê Amerika is “diep jammer” die sowat 250000 diplomatieke dokumente, almal blykbaar van die departement van buitelandse sake, het rugbaar geword.

“Die bekendmaking is nie net ’n aanval op Amerika se buitelandse belange nie. Dit is ’n aanval op die internasionale gemeenskap,” het sy volgens AFP gesê.

“Ons gaan aggressief optree om diegene wat vir die diefstal van hierdie inligting verantwoordelik was voor stok te kry.”

Die dokumente – die meeste is tussen 2007 en Februarie vanjaar geskryf – is in die geheim aan Wiki­Leaks gegee, wat dit aan me­diagroepe beskikbaar gestel het.

Volgens die stigter van Wiki­Leaks, Julian Assange, dek die dokumente “elke groot saak” waarby Amerika betrokke is.

Hy het Maandag in ’n onderhoud met die saketydskrif Forbes gewaarsku dat die volgende groot “storting van inligting” vroeg volgende jaar gaan wees en die geheime van ’n “groot Amerikaanse bank” sal uitlap.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: wikileaks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters
avatar
santieh5 Desember 01, 2010 om 09:38
Wees bang! Wees baie, baie bang.....
avatar
Hank Desember 01, 2010 om 10:05
Die waarheid sal uitkom, ten spyte van beoogde Mediawetgewing in SA.
Kan WikiLeaks ons nie inlig oor SA se wapenskandeaal nie?
avatar
Mojalefa Desember 01, 2010 om 11:17
Dis regtig nie nodig om onthullings openbaar te maak nie. 'n Mens onthul iets of jy maak iets openbaar. Dis dieselfde ding. Maar dis darem 'n interessante artikel. Daar word net heeltemal te veel ophef van die WikiLeaks-onthullings/openbaarmakings gemaak. Dis nie of 'n mens hier van hoogs geklassifiseerde inligting en aardskuddende geheime praat nie. Dis maar net sappige brokkies oor wat dié een nou weer van daai een gesê het. Die mensdom vrek nou maar eenmaal oor 'n lekker skinderstorie.

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-22°C More sun than clouds. Cool. Pta: 16-31°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 13-28°C Morning clouds. Pleasantly warm. Bfn: 12-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 19-25°C A few showers. More sun than clouds. Mild. PE: 17-22°C Sprinkles early. Afternoon clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Marketing consultant

South Africa
Michael Page South Africa

Technical Account Manager (EMEA)

Gauteng
Linx Personnel Group

Management Accountant (South African Citizens ONLY )

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Corporate
R450,000-550,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 Avant 1.8T MY05
2007
R 149,949.00

OPEL

Corsa 1.4 Essentia 5-dr MY08
2010
R 149,990.00

HYUNDAI

Atos 1.1 Prime GLS 5-dr MY07
2005
R 54,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BEREA

House R 10 000 000

PLETTENBERG BAY

House R 28 000 000

RICHMOND HILL

House R 1 200 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Oyster Box Charm

Enjoy a tropical Durban Escape from R4 115 per person sharing for two nights. Includes return flights, accommodation, car rental.

Book Now

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kinect Games, Hardeware & Console Bundles op pad in November

Bestel jou Xbox 360 Kinect vooruit en wees die eerste in Suid-Afrika om Microsoft se rewolusionêre nuwe game tegnologie te beleef!

Elonex eReader Nou Slegs R999!

WARM Elektroniese aanbiedings op HP Probook, Garmin Nuvi, Fuji Finepix Bundle & meer!

Witwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van ons musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Somer se Boekkeuses, tot 50% af!

Lae Pryse op Nuwe Titels! Befaamde outeurs: James Patterson, John Grisham & meer!

November se Beste DVD Vrystellings. Nou Slegs R119.95

The Back-up Plan, Prince of Persia, Kick-Ass, The Last Song, Toy Story 3 & meer!

Vandag se beste aanbod!

Herschelle Gibbs in sy eie woord

en "To the point" nou R162.36

“To the Point” is natuurlik ‘n kleurvolle verhaal van oorvloed – vrouens, alkohol, geld en baie lopies.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...