Wikipedia:Geselshoekie

Jongste opmerking: 1 uur gelede deur Oesjaar in onderwerp ...to all theaters of the war.


Dis naweek! Kom ry die perde by die asemrowende Golden Gate Nasionale Park in die Oos-Vrystaat!
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Argief
2004-06 2007 2008
2009 2010 2011
2012 2013 2014
2015 2016 2017
2018 2019 2020
2021 2022 2023
2024
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

Bladtrekke vir April wysig

Gemeenskap, ons het slegs 947 187 bladtrekke vir April gehad. Ek het so gehoop dat ons weer meer as 1 miljoen sou kry! Groete! Oesjaar (kontak) 08:40, 1 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Mei behoort om 'n beter maand te wees - daar is 31 dae in Mei en net 30 in April. :-) Martinvl (kontak) 17:07, 1 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Mei gaan beter wees: eerste groot eksamen vir die jaar begin! Groete! Oesjaar (kontak) 17:10, 1 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Die Siteview analysis sê nogtans dat daar 2 914 980 pageviews was. Jcwf (kontak) 07:57, 8 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Nou wat is die verskil met: Unique Devices dan? Groete! Oesjaar (kontak) 08:50, 8 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Ek veronderstel as daar een rekenaar is wat 4 blaaie besoek, was daar 4 page views, maar een unique device. ~ Burgert (kontak) 12:56, 8 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Veranderbare steekhoekskroef wysig

Ek het julle hulp nodig. Uit Veranderbare steekhoekskroef se Engelse kant sê hulle dat: Reversible propellers are those where the pitch can be set to negative values. Reversible propellers = omkeerbare skroewe? Tru-skroewe? Sien my vertaling- een lang sin. Ek weet nie... Groete! Oesjaar (kontak) 11:24, 6 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

... en na 15 jaar hier betrokke ontdek ek nou eers die artikel: Lys van Afrikaanse vakwoordeboeke en terminologielyste. Ai! Groete! Oesjaar (kontak) 06:36, 8 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
@Pynappel: en @Rooiratel:, van die skakels na die boeke werk nie. Kyk asb of julle kan help? Groete! Oesjaar (kontak) 06:51, 8 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Dooi skakels. As jy gelukkig is sal dit op die internet argief wees. Anders sal iemand met die hand 'n nuwe skakel moet vind wat nog werk (as daar een is). Dit is nooit 'n goeie idee om net 'n skakel te gebruik nie, want dit sal eendag breek. Mens moet altyd die skakel eers stoor op die internet argief, en dan die argief skakel op die bladsy gebruik. Dit is maar hoe die internet werk. - Rooiratel (kontak) 07:25, 8 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
As julle kan help om hierdie boeke op of ander manier beskikbaar te stel sal dit baie help siende dat Tegniese Woordeboeke skaarser as hoendertande is. Groete! Oesjaar (kontak) 08:52, 8 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Pterosauria wysig

Die Engelse artikel het twee klades voor die orde, maar die Afrikaanse Pterosauria nie. Weet iemand hom om dit in te sit? Dankie. ~ Burgert (kontak) 13:23, 8 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Ek het dit nou meer soos enwiki gemaak. - Rooiratel (kontak) 08:44, 13 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Voorbladartikels vir 2024 is volgemaak wysig

Beste vriende, vriendinne (weet nie of daar nog so iets op af:wp bestaan nie), medewerkers, skryfslawe, politici, bedelaars en leeglêers (soos die uwe):

Dit gee my as opsiener van die Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad genoë om u in te lig dat hierdie oefening nou ten volle gedek is met suksesvolle kandidate tot 31 Desember 2024. Maar soos ook in die verlede die geval was, verhoed dit u egter nie om nog steeds bydraes tot hierdie oefening te maak nie.
[Terloops: Dink julle SpesBona gaan ooit klaarkry met sy internasionale sportspanne? Ai tog!]. Ek sal so twee of drie weke blanko hou indien 'n bydraer soos Oesjaar 'n dringende behoefte ontwikkel om nog vir oulaas 'n vuurpyl te lanseer, voordat ons ons vuurwerke afskiet op Oujaarsaand.
Sien julle weer eendag op 'n reëndag! (Ek is nog steeds hier). --   Aliwal2012, alias "Die Perd se Bek" 17:08, 8 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Microlight wysig

Gemeenskap, help asb die ou man uit die sloot... Wat is 'n microlight aeroplane in Afrikaans? Groete! Oesjaar (kontak) 19:52, 12 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

...uit die sloot, of van die wal af..? Ek het nie nou vinnig 'n woordeboek handig nie, maar ek is seker dit is maar bloot mikroligte vliegtuig, sonder 'n koppelteken. Oom Google stem saam, ook die departement van onderwys in hul SENIORSERTIFIKAAT toerisme vraestel op bl.11. Thermofan (kontak) 08:34, 13 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Unfucked Pussy wysig

Gemeenskap, ek het 'n wesenlike probleem met hierdie artikel se naam. Dit is eenvoudig bar. Dit bestaan ook nie in Engels nie. Watse ensiklopediese waarde kan dit hê? Julle mening? Groete! Oesjaar (kontak) 05:43, 14 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Niks te doen met die naam nie, maar dink nie hulle voldoen aan Wikipedia:Notability nie. Prost Dumbassman (kontak) 06:32, 14 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
O nee, skrap dit onmiddellik! 'n Mens wil nie goeie gebruikers met slegte inhoud verwilder nie. Frank (kontak) 08:18, 14 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Jy mag dit nie skrap omdat jy nie van die naam hou nie. Dit is onnosel. Ons het baie bladsye op hierdie wiki wat nie op die Engelse wiki bestaan nie. As dit 'n probleem is, dan sal ons meeste van jou spesie bladsye moet skrap.
m.b.t die enige geldige vraag: "die ensiklopediese waarde". Die artikel het reeds baie bronne, en met 'n vinnige soektog op Google vind ek hierdie: https//:doi.org/10.3402/jac.v1i0.4619 wetenskaplike joernaal wat oor hulle geskryf het. As dit nie noemenswaardig genoeg is nie, dan weet ek nie wat is nie. - Rooiratel (kontak) 12:01, 14 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
My tien sent hieroor: Sien die artikel is op 6 April 2009‎ deur SunbeamDog geskep, waarskynlik vertaal uit Sweeds. Duidelik 'n groepnaam gekies vir maksimale skokwaarde. Interessant geen ander Wikipedia het gewaag om dit te vertaal nie, self nie met die feministiese aktivistiese ondertone van die groep se aktiwiteite nie. Die Sweedse artikel reflekteer die gebeure soos in die Afrikaanse artikel uiteengesit. As dit nie destyds noemenswaardig was nie moes dit toe uitgedaag geword het. Nou voel ek dit is ‘n artikel wat ‘n voetnota oor die geskiedenis van feministiese aktivisme in Swede beskryf. Ek dink ons taak is om die goeie en slegte in die wêreld daar buite te reflekteer, sonder vooroordeel. Die ander opsie is dat die Afrikaanse Wikipedia word soos sommige Amerikaanse Universiteite ‘n “Veilige Plek wat bedoel is om vry te wees van vooroordeel, konflik, kritiek of potensieel dreigende optrede, idees of gesprekke” Sobaka (kontak) 14:09, 14 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
'n Taamlik oninteressante artikel, dink ek, wat niemand sedert 2008 verwilder het nie, selfs Frank nie. Die ensiklopediese waarde kan twyfel oproep. Ek stem daaroor saam met Dumbassman. Dit was 'n tydelike en plaaslike fenomeen in Swede, nie in die wêreld nie. Maar die lesers stem nie heeltemal met ons saam nie, as ek na die bladtrekke kyk. Dit styg. Ek sien geen rede om dit te skrap nie, maar dit maak vir my eintlik nie saak nie. Jcwf (kontak) 16:01, 14 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Dan moet ons seker Fokofpolisiekar ook verwyder, en Pussy Riot, ens. ~ Burgert (kontak) 18:41, 14 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Die politiek ter syde gestel vir 'n oomblik, ek sien Pussy Riot is 223,034 grepe groot op die Engelse Wikipedia. Ek wonder wat is ons grootste artikel? Groete! Oesjaar (kontak) 19:06, 14 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Styg die aantal bladtrekke omdat meer en meer lesers 'n belangstelling in hierdie groep het, of styg die aantal toe meer en meer lesers pornografiese woorde in die soekkassie intik? As dit die tweede rede is, dan kan ons die artikel verwyder. Aangesien die Afrikaanse Wikipedia die enigste Wikipedia buite Swede is waar die artikel verskyn, glo ek dat die tweede rede die ware rede is. In die onwaarskynlike geval dat die eerste rede die ware rede is, stel ek voor dat die artikel "Unfucked Pussy (Sweedse protesgroep)" hernoem word. Martinvl (kontak) 21:20, 14 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Dan moet ons dit doen vir al die protesgroepe, bewegings of musiekgroepe. En waarom eintlik? Ons is 'n ensiklopedie, nie 'n kerk, moskee, sedemeester, die leser se opvoeder, sy pa of ma of psigiater of polisieagent of skerpregter nie. Die leser se keuses bly die leser se verantwoordelikheid en nie ons s'n nie. Ons moet ensiklopediste bly, nie dominees word nie. Mense wat wiki as preekstoel wil misbruik, moet geblokkeer word want anders verloor ons die neutraliteit wat ons nodig het. Jcwf (kontak) 07:49, 20 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
AS 'n mens "pussy" in die soekkassie intik, soek hy (of sy) seker iets oor seks en nie oor Swedse protesgroepe nie. Die artikel "Unfucked Pussy" het niks met seks te doen nie, alleenlik oor 'n klein groepie wat nie noemenswaardig is nie. Treffers wat op hierdie manier veroorsaak word is vals trefslae en as hulle uitgeskakel word, moet ons to artikel broordeel oor die aantal trefslae wat oor bly. Martinvl (kontak) 21:05, 20 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Sign up for the language community meeting on May 31st, 16:00 UTC wysig

Hello all,

The next language community meeting is scheduled in a few weeks - May 31st at 16:00 UTC. If you're interested, you can sign up on this wiki page.

This is a participant-driven meeting, where we share language-specific updates related to various projects, collectively discuss technical issues related to language wikis, and work together to find possible solutions. For example, in the last meeting, the topics included the machine translation service (MinT) and the languages and models it currently supports, localization efforts from the Kiwix team, and technical challenges with numerical sorting in files used on Bengali Wikisource.

Do you have any ideas for topics to share technical updates related to your project? Any problems that you would like to bring for discussion during the meeting? Do you need interpretation support from English to another language? Please reach out to me at ssethi(__AT__)wikimedia.org and add agenda items to the document here.

We look forward to your participation!

MediaWiki message delivery 21:22, 14 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Vertaling van "Stuntman" en "Stuntwoman" wysig

Is daar 'n Afrikaanse naam vir hierdie woorde? Ek wil dit gebruik op die bladsy vir Susan Backlinie. - Rooiratel (kontak) 09:04, 15 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Waagarties. Waaghals is vir my te dubbelsinnig. ~ Burgert (kontak) 10:44, 15 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Waagarties, of Waagartis? Jammer dit lyk net vreemd vir my.
Verder, is "waaghals" nie die woord vir "Daredevil" nie? As nie, dan wat is die Afrikaanse woord vir "daredevil"?
Ek sien op enwiki: "Stunt performers usually appear in films or on television, as opposed to a daredevil, who performs for a live audience."
Ek neem aan Afrikaans maak nie 'n onderskeiding nie - Rooiratel (kontak) 12:13, 15 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
waagarties (voorbeeld). Nie seker of dit die betekenis van stuntman direk oordra nie. Wat sê die woordeboeke? Dalk moet 'n mens eerder die ondubbelsinnige Engelse woord stunt double vertaal. – Pynappel (kontak) 10:35, 19 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Ek sien die woord "waagkunstenaar" duik ook op. "Waaghals" kan 'n stuntman of 'n daredevil wees. Dus dubbelsinnig, ja. Ek dink stunt double is nog moeiliker om te vertaal. ~ Burgert (kontak) 11:15, 19 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Artikels oor persone wysig

Gemeenskap, kan ons asb. die sjabloon Inligtingskas Persoon by alle artikels oor persone gebruik? Alle spesies word bv voorsien van die sjabloon Spesieboks. Groete! Oesjaar (kontak) 10:29, 19 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Ek verstaan nie. Iets soos Ampsbekleër-sjabloon bestaan tog vir 'n rede. Dumbassman (kontak) 07:25, 20 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Hi, ons het verskeie sjablone vir persone, selfs "Gholfspeler". Dink ons moet die status quo behou.   Aliwal2012 06:49, 23 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Daar is 'n probleem met sjablone vir persone. Kyk bvb na en:Clive van Ryneveld. Hy was kaptein van die SUid-Afrikaanse krieket span en oof 'n lid van doie VOlksraad. Die Englese Wikipedia het die krieketspeler sjabloon vir hom gebruik met slegs 'n beeld van hom met sy mede-volksaraad parteilede. Eintlik het ons 'n persoonsjabloon noodig met ondersjablone vir verskei aktiviteite. Martinvl (kontak) 17:42, 23 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Die enigste probleem omtrent kassies is dat hulle te min gebruik word, dus stem ek 100% saam met Oesjaar! In die verlede het ek al duisende kassies in artikels bygesit, maar nie meer die tyd vir 'n voltydse Wikidag nie. As iemand rugby en krieket gespeel het, gebruik ons albei kassies. Op die Duitse Wikipedia doen ons dit ook of ons kies die meer belangrike een (afhangende van die loopbaan). Ek stel voor dat nuwe artikels oor persone, stee, riviere, mere, kerke, ens. slegs aangepak word as die kassie ook gebruik word. Ons vat mos alles van die Engelse Wikipedia oor, hoekom nie die kassies nie? Maar asb. met Afrikaanse paragrawe, hierdie is nie die Engelse Wikipedia nie! Andersins mag ek ook Duitse paragrawe gebruik! Groete. --   SpesBona 21:55, 23 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Helena Hettema‎ wysig

Gemeenskap, daar is 10 707 grepe inligting tot die artikel (Helena Hettema‎) toegevoeg sonder enige bronne. Indien ek dit verwyder is ek die vark in die verhaal. Die taalgebruik is ook nie aanvaarbaar nie. Hoe gaan ons dit hanteer anders as terugrol? Groete! Oesjaar (kontak) 08:50, 21 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Rol dit gerus terug. ~ Burgert (kontak) 12:16, 21 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Ek het nou bronne bygevoeg. - Rooiratel (kontak) 06:48, 22 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Voorbladartikels vir die res van die jaar. wysig

Gemeenskap, ons moet dankbaar wees dat ons voorbladlys vir die jaar vol is! Ek het gekyk na die lys van artikels vir die res van die jaar en het iets opgemerk wat ek dink ons na moet kyk.

Vanaf week 28 lyk die lys as volg:

  • 28 Omaanse nasionale krieketspan
  • 29 Steven Spielberg
  • 30 Vlag van Belarus
  • 31 Hongkongse nasionale krieketspan
  • 32 Portugese nasionale rugbyspan

Dit beteken drie sport voorblaaie in vyf weke. Dit is nie slim nie. Ek vra dat Gebruiker:SpesBona en Gebruiker:Aliwal2012 daarna kyk en twee van die artikels met twee ander verder ondertoe in die lys omruil. Julle insae asb? Groete! Oesjaar (kontak) 09:07, 21 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Hi almal en Oesjaar! Ek is bewus van hierdie situasie met volop sportartikels. Ek het dit al voorheen genoem, soos hierbo: [Terloops: Dink julle SpesBona gaan ooit klaarkry met sy internasionale sportspanne? Ai tog!]. Dis moeilik om die burokraat met die landsvlaggie tot ander insae te kry (my tweesent). Groete,   Aliwal2012 05:56, 23 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Oesjaar het net vir 'n verandering in die volgorde gevra, niks anders nie ("ons moet dankbaar wees dat ons voorbladlys vir die jaar vol is")! Daar is geen rede om nou snaaks oor my te praat nie, liewe ou met daardie Limpopowapen op die rug wat Oesjaar al oor "arrogansie" gewaarsku het. Groete. --   SpesBona 21:50, 23 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
@Oesjaar: ek het die vervoerband intussen aangepas. @Aliwal2012: dit is onnodig om te krap waar dit nie jeuk nie (sien bo)! Ek beplan reeds voorbladartikels vir 2025, maar in teenstelling met vanjaar baie min sport en baie meer soos lande, stede en vlae! Groete. --   SpesBona 23:00, 23 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Feedback invited on Procedure for Sibling Project Lifecycle wysig

You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki. Help met die vertaal na uw taal
 

Dear community members,

The Community Affairs Committee (CAC) of the Wikimedia Foundation Board of Trustees invites you to give feedback on a draft Procedure for Sibling Project Lifecycle. This draft Procedure outlines proposed steps and requirements for opening and closing Wikimedia Sibling Projects, and aims to ensure any newly approved projects are set up for success. This is separate from the procedures for opening or closing language versions of projects, which is handled by the Language Committee or closing projects policy.

You can find the details on this page, as well as the ways to give your feedback from today until the end of the day on June 23, 2024, anywhere on Earth.

You can also share information about this with the interested project communities you work with or support, and you can also help us translate the procedure into more languages, so people can join the discussions in their own language.

On behalf of the CAC,

RamzyM (WMF) 02:25, 22 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Vygies wysig

Gemeenskap, neem kennis dat ek amper klaar met die vygies-familie is. Daar is reeds 1727 spesies geskep in 118 genera, alle foto's is gelaai (dankie prof. Van Wyk) en slegs 16 spesies van Tetragonia moet nog geskep word. As daar in ag geneem word dat 98% van alle vygiespesies in Suid-Afrika voorkom, is hierdie 'n lekker vertoonstuk vir ons. @Rooiratel:, is daar 'n manier om te bepaal watter van die ouer artikels het nog taksobokse?

Tweedens, ek het vir elke genus 'n aparte Kategorie geskep wat aan Kategorie:Aizoaceae (die familienaam) gekoppel is. Voor dit was daar net 'n Kategorie:Vygies geskep waarin alle spesies gegooi was; daar is tans net 79 spesies in hierdie kategorie. Ek gaan die kategorie:vygies verwyder, dit dien geen doel nie. Enige besware? Groete! Oesjaar (kontak) 18:03, 27 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Dankie @Oesjaar. Ek stem saam dat ons Kategorie:Vygies kan skrap. As dit kom by taksonomie, kom ons hou by die taksonomiese name vir kategorieë, en nie volksname nie.
> is daar 'n manier om te bepaal watter van die ouer artikels het nog taksobokse
Ek kan nie nou sê nie, maar dit klink moontlik. Ek sal dit ondersoek. - Rooiratel (kontak) 07:22, 28 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
En daar is dit grootliks klaar: 120 genera en 1755 spesies later! Sjoe, wat 'n taak! Daar is ongeveer 30 spesies wat gedoen moet word maar weens wesenlike verskille tussen Sanbi en KEW moet dit wag tot 'n deskundige kan help. Groete! Oesjaar (kontak) 13:02, 29 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Flora van Suid-Afrika wysig

Gemeenskap, hierdie kategorie is nou 7000 artikels sterk! Ek voel soos 'n blommekind! Groete! Oesjaar (kontak) 19:11, 27 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Bonin-eilande wysig

Enige vrywilligers hier...? Sien https://en.wikipedia.org/wiki/Bonin_Islands Groete! Oesjaar (kontak) 16:35, 28 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Sjabloon vir Zambië wysig

Gemeenskap, is daar 'n vrywiliger om 'n sjabloon vir Zambië se nege provinsies te skep Groete! Oesjaar (kontak) 11:26, 2 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

  Uitgevoer sien Sjabloon:Provinsies van Zambië - Rooiratel (kontak) 12:04, 3 Junie 2024 (UTC)Beantwoord
Dankie. Groete! Oesjaar (kontak) 12:18, 3 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Antisubmarine and maritime patrols wysig

Gemeenskap, hoe sou julle hierdie in Afrikaans vertaal? Groete! Oesjaar (kontak) 16:03, 2 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Teenduikboot- en seepatrollies (of maritieme patrollies).   Aliwal2012 03:02, 3 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Geluk Oesjaar! wysig

Gemeenskap, dit gee my groot plesier om Oesjaar geluk te wens met sy verjaarsdag vandag! Ons almal hoop jy het vreugde, voorspoed en goeie gesondheid in die komende jaar.

Hou skouer aan die wiel! --   Aliwal2012 03:04, 3 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Baie geluk, Oesjaar (laat...), en baie dankie vir jou toegewydheid! Thermofan (kontak) 11:26, 4 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Announcing the first Universal Code of Conduct Coordinating Committee wysig

You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki. Help met die vertaal na uw taal

Hello,

The scrutineers have finished reviewing the vote results. We are following up with the results of the first Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) election.

We are pleased to announce the following individuals as regional members of the U4C, who will fulfill a two-year term:

  • North America (USA and Canada)
  • Northern and Western Europe
  • Latin America and Caribbean
  • Central and East Europe (CEE)
  • Sub-Saharan Africa
  • Middle East and North Africa
  • East, South East Asia and Pacific (ESEAP)
  • South Asia

The following individuals are elected to be community-at-large members of the U4C, fulfilling a one-year term:

Thank you again to everyone who participated in this process and much appreciation to the candidates for your leadership and dedication to the Wikimedia movement and community.

Over the next few weeks, the U4C will begin meeting and planning the 2024-25 year in supporting the implementation and review of the UCoC and Enforcement Guidelines. Follow their work on Meta-wiki.

On behalf of the UCoC project team,

RamzyM (WMF) 08:14, 3 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Invitation to participate in the #WPWPCampaign 2024 wysig

Dear community members,

We are inviting you to participate in the Wikipedia Pages Wanting Photos 2024 campaign, a global contest scheduled to run from July through August 2024:

Participants will choose among Wikipedia pages without photo images, then add a suitable file from among the many thousands of photos in the Wikimedia Commons, especially those uploaded from thematic contests (Wiki Loves Africa, Wiki Loves Earth, Wiki Loves Folklore, etc.) over the years.

In its first year (2020), 36 Wikimedia communities in 27 countries joined the campaign. Events relating to the campaign included training organized by at least 18 Wikimedia communities in 14 countries.

The campaign resulted in the addition of media files (photos, audios and videos) to more than 90,000 Wikipedia articles in 272 languages.

Wikipedia Pages Wanting Photos (WPWP) offers an ideal task for recruiting and guiding new editors through the steps of adding content to existing pages. Besides individual participation, the WPWP campaign can be used by user groups and chapters to organize editing workshops and edit-a-thons.

The organizing team is looking for a contact person to coordinate WPWP participation your language Wikipedia. We’d be glad for you to sign up directly at WPWP Participating Communities page on Meta-Wiki.

Thank you,

Reading Beans / readthebeans  gmail.com)
Project manager and coordinator
Wikipedia Pages Wanting Photos 2024

...to all theaters of the war. wysig

Gemeenskap, hoe sal ons woord theater vertaal; seker nie teater nie. Gebied, area? Groete! Oesjaar (kontak) 17:29, 7 Junie 2024 (UTC)Beantwoord