Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
KAMPER, G.D. and STEYN, M.G.. Die beroepsingesteldheid van vierdejaaronderwys-studente. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.2, pp.252-270. ISSN 2224-7912.
Die navorsing het ontstaan uit die aanname dat die onderwysproblematiek in Suid-Afrika (voortdurende kurrikulumwysigings, gebrekkige indiensopleiding, dissiplineprobleme, lae beroepsmotivering onder onderwysers en gebrekkige aansien van die onderwysberoep) 'n negatiewe uitwerking op die beroepsinstelling van onderwysstudente het. Vanuit die teoretiese raamwerk wat gebruik is, naamlik Bronfenbrenner (1990) se ekosistemiese samelewingsmodel, is die negatiewe kragte wat op die onderwys inwerk, nader toegelig. In die lig van die intensiteit van hierdie kragte het die volgende as navorsingsvraag gedien: In welke mate het die huidige onderwysstudent 'n positiewe beroepsingesteldheid? In 'n vraelysopname onder 403 finalejaar onderwysstudente, is die aanvanklike aanname verkeerd bewys. Die vraelysrespondente was nie alleen positief ingestel teenoor hul toekomstige loopbaan in die onderwys nie, maar hulle was ook uitgesproke oor hul taak daarin as morele rolmodelle. Die positiewe aard van ons voorlopige bevindings onderstreep alreeds die absolute noodsaaklikheid van onderwysbestuursmaatreëls om die volhoubaarheid van beginneronderwysers se positiewe beroepsingesteldheid te verseker. 'n Elektroniese advies- en motiveringsdiens vir beginneronderwysers kan heel moontlik as eerste en uitvoerbare projek hiertoe dien.
Keywords : onderwysersopleiding; onderwysstudente; onderwysermoraal; onder-wysberoep; onderwysprofessie; onderwyshoukrag.