logo_sabc_header

19:00 - 19:30

Só glo ek - die verhaal van godsdiens

Met Susan Booyens

Nou op die lug: 19:30 - 20:00

Sterre en planete

Met Willie Koorts

Willie Koorts

Volgende: 20:00 - 21:00

Kommentaar

Met Suzanne Paxton

21:00 - 21:10

Nuus & Weer

RSG en Hannon maak ’n moeder se dag

RSG skop sy Moedersdag-veldtog op ‘n hoë noot af met ‘n geleentheid vir ma’s en moederfigure landwyd om die grootste bederf nóg te ervaar! Hulle kan egter nie self inskryf nie – jy moet die MA in jou lewe benoem om aan dié opwindende Moedersdagkompetisie in samewerking met HANNON te kan deelneem. Jy het kans van 24 April tot 2 Mei om in te skryf, en om sodoende in aanmerking te kom vir die prys wat ‘n oormaak-sessie ter waarde van R25 000 deur HANNON, asook ‘n HANNON-geskenkpak ter waarde van R5000, insluit!

Die prys sluit in:

  • ‘n Konsultasie deur die Glam Guru.
  • ‘n Oormaak-sessie deur Hannon self, ter waarde van R25 000.
  • ‘n Hannon-geskenkpak ter waarde van R5000, propvol spesiaal uitgesoekte produkte.
  • ‘n Nuwe haarstyl.
  • Nuwe grimering en aanbevelings.
  • ’n Fotosessie.

Stuur ‘n e-pos na info@rsg.co.za met 100-woord motivering en ‘n vollengte- en gesig-foto van haar.

Die sluitingsdatum is 2 Mei 2024 om 16:00.

Klik hier vir die bepalings en voorwaardes.

RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV

Vanjaar vind die 28ste RSG-radiodramaskryfkompetisie plaas. Dit bied ‘n platform vir talentvolle skrywers om hulle kreatiwiteit ten toon te stel en hulle stories tot lewe te bring deur die boeiende medium van radio. Met ʼn totale pryspoel van R115 000 bied vanjaar se kompetisie aansienlike pryse vir deelnemers. Die sluitingsdatum is 30 Junie om 08:00. Klik op die hulpbronne hieronder vir meer inligting.

Klik hier om al die belangrike dokumente af te laai: https://www.rsgplus.org/rsg-atkv-2024-radiodramakompetisie

Foto's en Video's

Charl van Heyningen

Sondag: 21:10 - 23:00

Luister na musiek uit Don Pasquale en L’elisir d’amore van Donizetti, Don Giovanni, Die Huwelik van Figaro en Die Towerfluit van Mozart, Simon Boccanegra van Verdi en die onbekende opera Loreley van Catalani. Van die sangers is Dmitri Hvorostovsky, Anna Moffo, Beverley Sills, Kiri Te Kanawa, Fritz Wunderlich, Lucia Popp en Ghena Dimitrova.

Lise Roberts

Maandag: 05:25 - 05:55

Rhizobium, ‘n bakterie wat in plantselle voorkom, verseker dat daar aan die plant se stikstofbehoeftes voldoen word. Stephan Downy van AECI Plant Health gesels oor die gebruik en bestuur van rhizobium by peulgewasse soos sojabone. Tobias Doyer van Graan SA praat oor die plaaslike graanbedryf, die impak van die swakker graanseisoen op die verbruiker, en hy gee raad aan produsente oor belangrike besluitneming.

Igna Klynsmith

Maandag: 11:30 - 12:00

Igna Klynsmith bespreek ‘n brief van ‘n luisteraar wat handel oor sy ontevredenheid met ‘n winkel wat daarop aangedring het dat hy sy ID-nommer in hulle stelsel moes intik om sy geskenkbewys te kon gebruik. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor belangrike aspekte m.b.t. die verkoop van onroerende eiendom.

Geen aanbieders

Maandag: 14:45 - 15:00

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie
Regie: Denver Vraagom
EPISODE
39: Albert vertel vir Ester van die sportsak wat Manie in die grot saam met Sammy se lyk gevind het, maar Manie wou nie sê wat daarin is nie. Ester vra Manie uit oor die sportsak, en wil weet of hy dit vir die polisie gaan gee. Ryno verneem dominee mag voortgaan om sy aardbewingvisioene te deel.

Geen aanbieders

Maandag: 19:20 - 19:30

Mevrou Green se voorspellings.

Fliekrubriek

baby-reindeer-1

Baby Reindeer (Reeks)

9/10
Jy mag nie BABY REINDEER op Netflix ignoreer nie. Hierdie skokreeks het die hele wêreld aan die praat. Jy…
sugar-1

Sugar (Reeks)

8/10
SUGAR op Apple+ is ‘n huldeblyk aan Film Noir, daardie donker filmgenre van die jare 40 en 50 waarin…

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media:

Resepte

Close Menu