SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue2The white concentration camps of the Anglo-Boer War: a debate without endDealing with a hot potato: the commemoration of the 1959 "Potato Boycott" author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

HOOGENRAAD-VERMAAK, Salomon. Die rol en bydrae van die Stedelike Stigting tot die politieke hervorming van Suid-Afrika: 1976-1995. Historia [online]. 2011, vol.56, n.2, pp.133-153. ISSN 2309-8392.

Die Stedelike Stigting/Urban Foundation is in reaksie op die 1976-onluste en kwynende ekonomie gestig. Die doel was om die sakegemeenskap te verenig om toenemende verstedeliking te bestuur, sodat politieke onrus bekamp kon word, stedelike swartes se lewens verbeter kon word en 'n rol in die ekonomie aan swartes gegee kon word. Die Stigting het buiten vir 'n ontwikkelingsagentskapsrol, ook 'n veranderingsagentskapsrol gespeel. Die gemeenskapsontwikkelingsrol van die Stigting was baie suksesvol. Die veranderingsagentskapsrol was op verandering van die sakegemeenskap, maar ook van die politiek gerig. Dit het daartoe bygedra dat die sakegemeenskap verdemokratiseer het en beperkende en diskriminerende wetgewing gewysig is. Meer nog: die Stigting het 'n wesenlike en selfs deurslaggewende rol in die politieke hervorming in Suid-Afrika gespeel.

Keywords : Consultative Business Movement (CBM); gemeenskapsbetrokkenheid; gemeenskapsontwikkeling; Onafhanklike Ontwikkelingstrust (OOT); ontwikkelingsagentskapsrol; politieke hervorming; politieke rol van sakelui; politieke verandering; sosiale opheffing; sosio-ekonomiese verantwoordelikheid; Stedelike Stigting; Suid-Afrikaanse sakegemeenskap; veranderingsagentskapsrol; verstedeliking.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License