SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue2The white concentration camps of the Anglo-Boer War: a debate without end author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

HORN, Karen. Narratiewe uit Noord Afrika: die ervaringe van Suid-Afrikaanse krygsgevangenes na die val van Tobruk, Junie 1942. Historia [online]. 2011, vol.56, n.2, pp.94-112. ISSN 2309-8392.

OPSOMMING Die Suid-Afrikaners wat in Junie 1942 tydens die val van Tobruk gevange geneem is, het almal gelyksoortige ervarings en omstandighede beleef. Elkeen het die skok van gevangeneming ervaar en almal moes in haglike omstandighede in gevangekampe oorleef. Die krygsgevangenes se houding teenoor die vyand, Duits of Italiaans, was oor die algemeen redelik vergelykbaar. Die onderskeid wat daar wel was, kan tot 'n mate toegeskryf word aan die verskil in huistaal en familie-afkoms tussen die spesifieke krygsgevanges. Wat die verhoudinge tussen krygsgevanges betref, veral tussen wit en swart, kan geen veralgemenings gemaak word nie en elke geval moet individueel ondersoek word. Omdat die Suid-Afrikaners so 'n diverse groep was, met taal een van die min onderskeidende faktore, is dit besonder moeilik om eienskappe te identifiseer wat uniek was aan hulle. Wanneer daar tussen die algemene en individuele ervaring onderskei word, is dit belangrik om 'n onderskeid te tref tussen die omstandighede en die reaksies op die omstandighede omdat die omstandighede die algemene ervaring verteenwoordig terwyl die reaksie daarop die individuele ervaring verteenwoordig.

Keywords : Krygsgevange; Suid-Afrika; Tweede Wêreldoorlog; Tweede Suid-Afrikaanse Infanteriedivisie; Generaal-Majoor H.B. Klopper; Westelike Woestynveldtog; laer range; Tobruk; Benghazi; Gazala; Mersa Matruh; Derna; gevangeneming; ontvlugting; Duitse magte; Italiaanse magte.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License