SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue3Using hemispheric integration and film (Fiela se kind) as teaching strategy to improve readingDrama chronicle 2008-9 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

LE CORDEUR, Michael. 'n Voorlopige impakstudie van 'n vennootskapsprojek tussen universiteit, skole en die privaat sektor: hoop vir benadeelde studente danksy mentorskappe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.3, pp.397-414. ISSN 2224-7912.

Die Universiteit Stellenbosch verkeer onder druk om sy diversiteitsprofiel te verbeter sodat dit in lyn is met die transformasiedoelwitte van die regering soos uiteengesit in die Witskrif op Hoër Onderwys van 1997. Terselfdertyd is die Universiteit onder druk om 'n rol te speel in armoede-verligting van die benadeelde gemeenskappe rondom Stellenbosch. Die gehalte van die onderwys in die voorheen benadeelde skole is egter so swak dat baie min leerders uit hierdie gemeenskappe kwalifiseer om hul studies op universiteit voort te sit. In reaksie op hierdie uitdagings het die Universiteit 'n opvoedkundige filosofie aanvaar wat bekend staan as 'n "pedagogie van hoop" (Freire 1970). Dit het gelei tot die ontstaan van inisiatiewe soos die Rachel's Angels-skole-vennootskapsprojek, gegrond op die beginsels van gemeenskapsinteraksie. Die projek het ten doel om die kapasiteit van belowende leerders uit benadeelde gemeenskappe te verbeter met behulp van 'n mentorskapprogram sodat hul kanse op toegang tot universiteit sal verbeter. Hierdie artikel gee 'n oorsig van hierdie projek, waarna 'n impakstudie volg om te bepaal of die projek die verwagte uitkomste bereik het. Die bevindinge van die impakstudie dui daarop dat, uit die benadeelde skole wat aan die projek deelneem, meer leerders universiteitstoelating kry, groeipyne ten spyt. So word betekenis gegee aan die Universiteit se strewe na 'n "pedagogie van hoop".

Keywords : Angels; mentors; protégé-mentee; skolevennootskappe; mentorskap; entrepreneursvaardighede; bemagtiging; gemeenskapsinteraksie; transformasie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License