SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue1Trickster tropes: female storytelling and the re-imagination of social orders in four nineteenth-century southern African communitiesComparing developments in water supply, sanitation and environmental health in four South African cities, 1840-1920 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

TEMPELHOFF, Johann W.N.. From Makhaza to Rammulotsi: Reflections on South Africa's "toilet election" of 2011. Historia [online]. 2012, vol.57, n.1, pp.82-104. ISSN 2309-8392.

In die tydperk wat die plaaslike verkiesing van 2011 in Suid-Afrika voorafgegaan het, is die benaming van die "toiletverkiesing" aan die gebeurtenis gekoppel. Die boodskap, wat 'n sensitiewe snaar in die nasionale nuusmedia aangeraak het, was die feit dat daar plaaslike owerhede was wat nie in ooreenstemming met aanvaarde praktyke hul verantwoordelikhede ten opsigte van diens lewering nagekom het nie. Dienslewering opsigself was sedert die vorige plaaslike verkiesing van 2006 'n kritieke gesprekspunt. Vier jaar later, terwyl politici hulle vir die volgende verkiesing voorberei het, het Makhaza in Kaapstad en Rammulotsi, naby Viljoenskroon in die Vrystaatprovinsie, in die nuus opslae gemaak. Daar was duidelike openbare ontevredenheid met die onmenswaardige wyse waarop plaaslike inwoners behandel is deurdat hulle spoeltoilette sonder behoorlike afskortings moes gebruik. Nuus omtrent die toilette het van tyd tot tyd vir komiese verligting gesorg in 'n verkiesingstryd wat deur hoë vlakke van openbare spanning gekenmerk is as gevolg van die intense veldtogte van die regerende African National Congress (ANC) and die Demokratiese Alliansie (DA). In die artikel word in die besonder ook aandag gegee aan die wyse waarop die verkiesing beplanning rondom water en sanitasiedienslewering geraak het in Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit, waarin Rammulotsi geleë is.

Keywords : "toiletverkiesing 2011"; dienslewering; water- en sanitasiesektor; plaaslike owerhede; plaaslikeverkiesings; Makhaza (Kaapstad); Rammulotsi (Viljoenskroon); burgerlikesamelewing; African National Congress (ANC); Demokratiese Alliansie (DA).

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License