SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

DE PRADA-SAMPER, José Manuel. Die vergete moordvelde: Die "San"-volksmoord en Louis Anthing se sending na Boesmanland, 1862-1863. Historia [online]. 2012, vol.57, n.1, pp.172-187. ISSN 2309-8392.

Mohamed Adhikari se boek, The Anatomy of a South African Genocide, is 'n sintese van die navorsing oor die uitroeiing van die San-groepe van Suid-Afrika en het ten doel om te bewys dat hierdie uitroeiing as 'n volksmoord beskou moet word. Helaas is die boek totaal gebaseer op gepubliseerde bronne en, veral met betrekking tot die negentiende eeu, neem dit nie argivale en ander bronne in ag wat veel lig op die lot van die San werp nie. Dit is veral die geval met die korpus dokumente rondom die sending wat die magistraat en siviele commissaris van Namakwaland, Louis Anthing, in 1862 onderneem het om gerugte van die slagting van San-groepe in Boesmanland te ondersoek. Adhikari se boek skiet verder tekort deurdat hy na "die San" verwys onderwyl dit metodologies beter sou wees om duidelik te onderskei tussen die verskillende San-bevolkings en om die geskiedenis van spesifieke groepe in spesifieke areas van suidelike Afrika te ondersoek. Nóg 'n groot tekortkoming is dat hy die blaam vir die uitroeiing van die San feitlik uitsluitlik plaas op "Nederlandssprekende pastoraliste" en minder ag slaan op bronne wat dui op die wye betrokkenheid van Baster-, Griekwa- en Khoi-groepe in die verwoesting van die jagter-versamelaars. 'n Gevallestudie van Louis Anthing se sending na Boesmanland, wat bewys dat daar inderdaad 'n volksmoord in Boesmanland gedurende die tweede helfte van die negentiende eeu was, word hier in detail aangebied om te demonstreer dat dit noodsaaklik is om argivale bronne te betrek ten einde die San-tragedie in sy volle kompleksiteit te begryp.

Keywords : Anthing, Louis; Baster; Boesmanland; Griekwa; historiografie; Kaapkolonie; Kenhardt; Korana; San; volksmoord; |Xam.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License