The Wayback Machine - https://web.archive.org/web/20140614091146/http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1998/10/30/2/13.html

Net oefening in Boerehaat, s� HNP

PRETORIA. Afrikaners beskou die WVK as ``weinig meer as 'n duur oefening in Boere haat aan die vooraand van die honderdjarige herdenking van die Anglo- Boere Oorlog'', het die HNP leier, mnr. Jaap Marais, ges�. ``Die Tutu kommissie het 'n atmosfeer van vyandigheid geskep wat in sy verslag neerslag sal vind. Dit sal deur die linkse magte gebruik word om die oor log teen die Afrikaner se selfrespek en eergevoel voort te sit,'' het Marais oor die WVK verslag ges�. Volgens hom het die WVK Afrikaners as verteenwoordigers van apartheid in die beskuldigdebank geplaas en sonder getuienis aangekla en skuldig bevind. Hulle is vooraf as misdadigers gebrandmerk en ``herhaalde propaganda'' is gebruik om geloofwaardigheid aan di� bevinding te gee.


Aanvullende Inligting
kommissies politieke partye @NOMMER:12100