SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue1Student teachers' interpretation and use of learning theory conceptsThe perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

FOURIE, Pieter J.. Fundamentele massakommunikasienavorsing as 'n voorwaarde vir gesubstansieerde mediakritiek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.1, pp.85-102. ISSN 2224-7912.

Die kernargument in hierdie artikel is dat 'n "nuwe" samelewing en 'n "nuwe" gedigitaliseerde medialandskap tot 'n verlies aan diepgang en intellektuele kwaliteit in die media gelei het. Massakommunikasienavorsing, wat met 'n fokus op die effek, invloed, mag en tegnologie van die media self al hoe meer markgerig geword het, kon nog nie daarin slaag om 'n bydrae tot 'n verbetering in die kwaliteit van die media te lewer nie. Die rede is dat die fokus op die mark ten koste van fundamentele navorsing oor die media as kommunikasie geskied. Slegs deur weer te konsentreer op daardie fundamentele kommunikasiekonstrukte wat in die media werksaam is en wat die media as kommunikasie definieer, sal massakommunikasienavorsing weer 'n bydrae tot die verbetering van mediakwaliteit kan lewer. Die bydrae sou daarin kon setel dat dit mediamakers opnuut bewus maak en bewus hou van die verantwoordelikheid van dit waarmee hulle besig is, naamlik betekenisskepping en betekenisgewing oor die mens en die werklikheid en dat dit op 'n representatiewe, retoriese en dialogiese wyse gedoen word. Teen die agtergrond van hierdie argument word daar in die artikel aandag gegee aan (i) die krisis in die media (as kommunikasie), in die besonder die krisis van die joernalistiek (as die vlagskipgenre van die media), en (ii) die strekking van dekades se mediateoretiese, sosiologiese, politiek-wetenskaplike en kultuurstudiekritiek teen die media. In dié verband word die essensie van Pierre Bourdieu se uitwysing van die strukturele beperkings van die joernalistiek, Kenneth Minogue se uitwysing van die korrupterende instrumente van die joernalistiek en die joernalistiek as ideologie, en Frans Aerts se siening oor die banaliteit van die media, uitgelig. Ten einde die klem terug te plaas op die media as kommunikasie, en as basis vir 'n terugkeer tot meer fundamentele massakommunikasienavorsing, word vier kommunikasiekonstrukte ingelei: betekenisgewing, representasie, retoriek en dialoog.

Keywords : mediakritiek; massakommunikasienavorsing; nuwe" samelewing; nuwe" medialandskap; tegnologiese determinisme; fundamentele navorsing; kommunikasie; betekenisgewing; representasie; retoriek; dialoog.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License